This website stores cookies on your device. These cookies are used to collect information about how you interact with our website and allow us to remember you. We use this information in order to improve and customize your browsing experience and for analytics and metrics about our visitors both on this website and other media. To find out more about the cookies we use, see our Privacy Policy in the footer of our website.
Accept
OP SOEK NA 'N BOOMHUIS, 'N DROOMHUIS, 'N KAT-MET ROOM-HUIS? EN 'N MOONTLIKE WOONSTEL VIR JOU PEL? HIER IS DIT SOWAAR!!
updated on Jul 29, 2020
R 1 495 000

WEB REF: 94230

Property Summary
  • Selling Price R 1,495,000
  • Property Type House
  • Erf Size 577 m2
  • Floor Size 160 m2
  • Rates & Taxes R 400


  • Beds 3
  • Baths 2
  • En-Suite 1
  • Garages 1
  • Parking Bays 2
Description

**** Eksklusiewe Mandaat **** - (For English - please scroll down) IS JY OP SOEK NA 'N BOOMHUIS, 'N DROOMHUIS, 'N KAT-MET ROOM-HUIS? MET 'N AMPERSE WOONSTEL OOK? KOM KYK !HIER IS IETS DALK NET VIR JOU... Met 'n volledige huis BOKANT DIE BOME en oorgenoeg plek vir verdere DROME 'n BOOMRYKE PARKIE wat jou horisonne strek die ideale plek om jou vlerke te rek so stil-stil in 'n rustige TUIN is hierdie eiendom dalk jou fortuin 'n JUWEEL wat jou nooit sal verveel waar jy en jou kinders kan SPEEL 'n klein plasie - vir almal is daar SPASIE! ***EKSKLUSIEWE MANDAAT*** Die heel laaste foto wys hoe die eiendom daarna uitsien sonder sy tuin intussen het die natuur verruim en nou laat dit gedagtes los van Dalene Matthee se Kringe-in-'n-bos... kyk gerus verder na die bome en mos ... Voorwaar is hierdie eiendom "One of a Kind". Waar sommige kopers neus optrek vir hout, sien ander dit as 'n stukkie goud. En tereg, want hierdie eiendom het 'n spesiale karakter vir 'n spesiale koper. Eerstens verlang jy na stilte en rustigheid, na die natuur, en jy kan die eenvoudige dinge in die lewe vier. Jy verkies privaatheid wanneer jy by die huis is, stil omgewing in 'n netjiese cul-de-sac, met 'n natuur-area aan die een kant waar jy kiewiete en dikkoppe en menige ander interessante voels kan waardeer. Behalwe vir die een EKSTR-LENGTE MOTORHUIS is daar ook 'n ONDERDAK PARKERING langsaan wat net so toegemaak kan word vir 'n 2DE MOTORHUIS. En daar is 'n OULIKE BONUS - 'n RUIM, SONNIGE vertrek op die onderste vlak - kom ons noem dit 'n STUDIO -waar menige stokperdjie na hartelus bedryf kan word. Hierdie is ook 'n vertrek wat baie vinnig en maklik in 'n WOONSTEL omskep kan word. Die badkamer area is reeds onderdak en 'n gerieflike kombuisie sal die prentjie voltooi. Die binnekant van die eiendom is netjies en alhoewel nie vandag se mees moderne afwerkings nie, is dit besonder huislik en kuislik. Vir diegene wat nie van donker houtkaste hou nie, is daar die opsie om jou kreatiwiteit uit te leef en die ligte kleure en verf tegnieke te inkorporeer. Van die mure het tans 'n vrolike helder kleur maar indien dit vir jou te helder is, daar is planne in die pyplyn om dit binnekort te "normaliseer" na meer neutrale kleure. (Die prys bly dieselfde, moenie bekommer nie!) Van PRYS gepraat, ons het 'n ideale Vra Prys soos aangedui, maar alle ernstige skriftelike aanbiedings sal noukeurig oorweeg word. Indien jy geinspireer word deur wat jy hier sien, kom gesels met ons. Hierdie pragtige liefdevolle woning se eienaars is ernstig om te verkoop aan die regte ernstige koper wat wil koop. Die eiendom word begrens deur een buureiendom aan die suid-westekant asook die natuurparkie se verlengde grasperk aan die oostekant met netjiese lae hout-afskortings. Daar is heelwat bome in die tuin en tans geen blomme of fyntuinareas wat konstante onderhoud nodig het nie. Hier vind jy 'n eiendom waar jy kan huis toe kom en ontspan, waar jy kan leef en sweef, waar kinders en kleinkinders kom kuier en heerlike sorgvrye dae omluier ure se geniet en lag net soos die "ou dae" se prag! Kom gesels, kom kyk, dis dalk BINNE JOU BEREIK! Jonty is gereed om jou te help... EKSKLUSIEWE MANDAAT, mede-agente.. kontak gerus vir Jonty vir indien jy meen dat jy ‘n geskikte koper het! GOOD MORNING en BLESSINGS! ************************************************************************************************************************************************************************** ***** ESPECIALLY FOR OUR ENGLISH SPEAKING CLIENTS: ***** SO YOU ARE IN THE MARKET FOR A UNIQUE PROPERTY - SOMETHING DIFFERENT - SOMETHING CUTE - SOMETHING NATURAL AND SPECIAL - LIKE A TREE HOUSE? ONE SET OF STAIRS MAKES YOU LEAVE YOUR CARES - AND NESTLE INTO THIS CUTY BRIMMING WITH BEAUTY THERE'S A STUDIO ON THE BOTTOM ROW WHERE CREATIVE JUICES FREELY FLOW IT'S A PLACE WITH SPACE WHICH IN A FLASH WITH A BIT OF CASH COULD BE A LITTLE HOUSE FOR A GRANNY AND HER SPOUSE! So let us take it slowly... and see what this property really offers you: Upstairs the following: - 3 bedrooms of which both the main and second bedroom lead onto a deck amongst the trees where one can relax and enjoy the views and abundant bird life. - bedroom number 3 is especially sunny and definitely your winter nap-room. - 2 bathrooms - the en-suite is a full bathroom with a bath, shower, basin and toilet spaced out for comfort and privacy, and the second bathroom with a shower for bedrooms 2 and 3. - the kitchen is an open plan with the dining and lounge and offers opportunities for modern improvements if you like. The scullery is small yet effective to keep the dishes out of sight. Downstairs is one extra-sized garage and a covered carport that needs two walls to complete your second garage. The studio has a sliding door as well as a separate entrance, and a large window on the north side for ample light and fitted with blinds. ONE COULD EASILY ADD A BATHROOM AND A KITCHENETTE TO MAKE THIS AN IDEAL GRANNY FLAT. (For information purposes - All additions to existing property should be added to municipal plans and are subject to approval). The garden has established trees and shrubs for low maintenance and offers space for playing children or house pets. The property is not yet fenced since the current owners have always incorporated the nature park bordering the property as an extended garden. It is here where many a newly born garden bird hatchling started its life. The nature park is most precious as an aesthetic feature, bringing a relaxing environment and tranquility to the neighbourhood. Oh, by the way - this property has a few special resident bird species that rely on owner attention meaning sharing food, especially cheese! Hope you love birds, for the parents keep on bringing their babies every year to meet the friendly and generous owners! We wouldn't want to disappoint them! There are some things that you could do to make this an even more valuable investment. If you do not like the flashy interior colours, no worries! The owners will quickly change it back to neutral for you! And why not consider a beautiful wooden deck on the north side of the house where you will command even more perfect views on the mountains and the nature park! The possibilities are numerous, come try your hand at natural paint techniques and nature portraits! ******EXCLUSIVE MANDATE *** Welcome to contact Jonty for further assistance... is this perhaps YOUR new HOME?

Additional Features
  • Balcony
  • Breakfast Nook
  • Carport
  • Deck
  • Entertainment Area
  • Flat
  • Garden
  • Laundry
  • Mountain View
  • Patio
  • Security Doors
  • Wendy House
Property Address

Fraaiuitsig, Klein Brak Rivier, Western Cape

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)